Spetses

Spetses (Moderne Grieks: Σπέτσες, Katharevousa: Σπέτσαι, Spetsai, Antiek: Πιτυούσσα, Pityoussa) is 'n welaf of gegoede eiland, en 'n munisipaliteit in die eilandstreekseenheid van Attica, Griekeland.[1] Dit word somtyds ingesluit as een van die Saroniese eilande. Dit was tot 1948 deel van die ou prefektuur van Argolidocorinthia, wat nou verdeel is in Argolis en Korinthië. In antieke tye was dit bekend as Pityoussa, en later as Petses.

Die eiland is nou 'n onafhanklike munisipaliteit met 'n bevolking van 4 027, en met geen interne grense binne die munisipaliteit nie. Die dorpie Spetses (bevolking 4 001 in 2011) is die enigste groot nedersetting op die eiland. Die ander nedersettings op die eiland is Moní Agíon Pánton, (bevolking 0), Ligonéri (bevolking 4), Ágioi Anárgyroi (bevolking 18), en Kouzoúnos (bevolking 4). Die eilande van Spetsopoula, Falkonera, en Velopoula (welke almal onbewoond is) is ook deel van die munisipaliteit van Spetses. Die munisipaliteit het 'n totale grondoppervlakte van 27,121 vierkante kilometer.[2]

'n Ongewone aspek van Spetses is die afwesigheid van private motors binne die dorpsgrense. Die mees algemene vervoerwyses is stap, perdekarre, fietse, bromponies en motorfietse. Slegs huurmotors en afleweringsvoertuie word hier toegelaat. Passasiersbote en hoëspoedvleuelbote arriveer dikwels vanaf Piraeus. Staproets van ongeveer 25 tot 30 kilometer omsirkel die eiland. Die strande wat die naaste is aan die dorp van Spetses sluit in: Agios Mamas in die middel van die dorp, en Kaíki (voorheen College) strand, een kilometer noordwes geleë, en Agia Marina twee kilometer na die suide. Beide bied watersport aan. Openbare busse bedien die strande wat buite die dorp geleë is, insluitend Zogeria, Agioi Anargiroi en Agia Paraskevi.

  1. Kallikratis law Greece Ministry of Interior (in Grieks)
  2. "Population & housing census 2001 (incl. area and average elevation)" (PDF) (in Grieks). National Statistical Service of Greece.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search